Vrugbare Halfmaan

'n Kaart van die Vrugbare Halfmaan, 'n streek in die Midde-Ooste wat Antieke Egipte, die Levant en Mesopotamië insluit.

Die Vrugbare Halfmaan is ’n sekelmaanvormige streek in die Midde-Ooste: die hedendaagse Irak, Sirië, Libanon, Israel, Palestina, Jordanië, die noordoostelike en Nylvalleistreke van Egipte, asook die suidoostelike deel van Turkye en die westelike rand van Iran.[1][2] Sommige skrywers sluit Siprus in.

Die gebied is al die "wieg van die beskawing" genoem, want dit is waar landbou begin ontwikkel het namate mense die omgewing begin skoonmaak en verander het om nuut gedomestiseerde plante as gewasse te kweek. Vroeë beskawings soos Sumer in Mesopotamië het danksy landbou floreer.[3] Tegnologiese vorderings het ingesluit besproeiing, skryf, die wiel en glas, waarvan die meeste in Mesopotamië uitgevind is.

  1. Haviland, William A.; Prins, Harald E. L.; Walrath, Dana; McBride, Bunny (13 Januarie 2013). The Essence of Anthropology (3de uitg.). Belmont, Kalifornië: Cengage Learning. p. 104. ISBN 978-1111833442.
  2. Ancient Mesopotamia/India. Culver City, Kalifornië: Social Studies School Service. 2003. p. 4. ISBN 978-1560041665.
  3. Die redakteurs van Encyclopaedia Britannica "Fertile Crescent". Encyclopædia Britannica. Cambridge University Press. 

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search